GESLAGSGEBASEERDE GEWELD (GBG) RAAK ONS ELKEEN. 

Dit is nie iets wat net in sekere gemeenskappe gebeur of net sekere mense raak nie.

Die wêreldwye skatting is dat een uit elke drie vroue al slagoffers van een of ander vorm van GBG was. Dit beteken dat ons almal ’n vrou of vroue in ons vriendekring en onder ons geliefdes het wat al een of ander vorm van mishandeling deur mans ervaar het, selfs al weet ons dit nie.

ONS KAN DIT VERANDER.

Maar slegs as ons verstaan wat dit veroorsaak en daadwerklik optree.Dit is nie genoeg om net bewustheid oor GBG te skep nie. En dit is nie genoeg om net ons stemme daarteen te verhef nie. Ons moet ons manier van doen verander. Geen seun word as ’n mishandelaar, verkragter of vrouehater gebore nie; iets loop skeef op sy reis van seunwees na manwees. Begrip vir hierdie reis is die sleutel om agter te kom wat ons moet doen om geweld teen vroue te bowe te kom. 


Hierdie kort aanlynkursus verduidelik hoekom geslagsgebaseerde geweld se voorkoms so skrikwekkend hoog is en bied praktiese stappe wat elke man en vrou kan volg om dit te oorwin.

DIT DEK:

Die ses basiese vorme wat GBG aanneem
Die vier hoofredes waarom GBG gebeur
Die vyf stappe wat elke man kan doen om GBG stop te sit
Die vyf dinge wat elke vrou kan doen om haar invloed in die saak te laat geld

In die kursus sal jy ontdek hoe ons die krag van manlikheid kan inspan om GBG te beëindig, en hoe mans en vroue kan saamwerk om ’n veilige, voorspoedige toekoms te bou.

SKRYWER VAN HIERDIE KURSUS

Craig Wilkinson is ’n topverkoper- Suid-Afrikaanse skrywer, bekroonde maatskaplike entrepreneur, inspirerende spreker en vaderskapghoeroe. Hy is die stigter en Hoof- Uitvoerende Beampte van Father a Nation (FAN), ’n organisasie sonder winsbejag wat daarna streef om mans toe te rus om goeie pa's, mentors en rolmodelle te wees. Sy oortuiging dat die wêreld genees kan word as mans genees word, het daartoe gelei dat duisende mans en hul gesinne se lewens geraak is deur FAN se werk.

AANBIEDER

Die Afrikaanse vertaling van hierdie kursus word aangebied deur Voorstander van verandering Charley Pietersen.

DIE OPROEP


Kies 'n prysplan: